Local news

Kennie Fees 2024 ‘n ‘belewenis’

Duisende inwoners het onlangs na Laerskool Kenmare gestroom vir vanjaar se Kennie Fees.

Die jaarlikse Kennie Fees op Saterdag, 1 Junie was ‘n reuse sukses.

Volgens die skoolhoof van Laerskool Kenmare, Wouter Immelman, hou hulle elke jaar dié fees en vanjaar was daar na raming amper 3 000 mense wat opgedaag het.

“Omdat Laerskool Kenmare vanjaar 50 jaar oud is, het ons vir die fees ‘n groep Kennie VIP’s genooi. Dit sluit in oud-skoolhoofde, personeel [wat langer as 35 jaar aan diens was] asook leerders wat in 1974 by ons op skool was. Die fondse wat ingesamel was, word aan die skool geskenk,” het Wouter bygevoeg.

Kennies se rugbyveld vol toeskouers.

Oud-onderwyser Bridget Ferreria (wat van 1976 tot 2019 by Kennies skoolgegee het) het gesê die fees was ongelooflik lekker.

Layla, Olivia en Heather Serloateu tydens die Kennie Fees.

“Dit was baie emosioneel tog lekker om almal weer te sien,” het Bridget bygevoeg.

Wayne en Daniël Barnard.

Wouter het verder verduidelik die gees en samesyn was iets om te beleef en dat dit ook ‘n guldige geleentheid was vir die gemeenskap om bymekaar te kom.

Spoegwolf se Albert van der Merwe teken ‘n plakkaat vir Noah van Druten-Nel.

Die Krugersdorp News het die fees bygewoon, waar daar ‘n hele rugbyveld vol mense was, wat met opgewondenheid gewag het vir die kunstenaars om op te tree. Dit sluit in Bernice West, Appel en die hoofkunstenaars Spoegwolf. Daar was ook ‘n verskeidenheid aktiwiteite soos toutrek en springkastele. Dit het wel geblyk dat die besigste deel die van die fees die biertent was.

Arné, Antoinette en Ruben Retief neem ‘n selfie.

Tydens Spoegwolf se optrede is die omliggende area van die verhoof afgebaken. Hoofsanger Danie du Toit het afgespring om die versperring te breek, sodat honderde aanhangers teen die verhoog kon staan ??en hul gunsteling sanggroep sien.

Madison en Gabriella Coetzer saam Jaydine de Souza dans tydens die Kennie Fees.

“Ek het vreeslik uitgesien. Dit was ‘n vreeslike intieme en uitstekende gehoor by Kenmare,” het Danie na die tyd gesê.

Teneal van Niekerk, Anelie Venter, Ziroejanda Burger en Devon Fourie.

Op Sondagoggend het Kennies die 50-jaar feesvieringe vir die naweek afgesluit met ‘n gebedsdiens wat die gemeenskap ook kon bywoon.

Oud-onderwysers Littlebit de Villiers en Bridget Ferreria het die fees geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button