Nuwe Vellies en ‘n bord kos vir Burgershoop-bejaardes
Deo Gloria Huis bederf bejaardes met bord kos asook 'n nuwe paar Vellies op Valentynsdag.
Deo Gloria Huis het die bejaarde gemeenskap van Burgershoop bederf met kos en geskenke op die dag van liefde.
Ronell Maud Breet, organiseerder, het gesê dat sowat 20 pensioenarisse ‘n bord kos ontvang het wat steak, wors, aartappel, kool en pastaslaai sowel as broodrolletjies ingesluit het.

“Hulle het ook koekies en ’n gebreide pop ontvang met ’n mooi boodskap aangeheg om vir hulle krag en hoop te gee,” het Ronell gesê.

Sy vertel dat elke bejaarde ook ‘n paar Vellies as ‘n groot geskenk ontvang het, waarvoor hulle uiters dankbaar was.

Sy het tot die gevolgtrekking gekom dat Deo Gloria ‘n groot liefde vir die gemeenskap se bejaardes het, en waardeer hulle opreg.
