100 Jaar van moedertaal-trots
Plaaslike onderwyseres praat oor Afrikaans, haar moedertaal, waar die taal amptelik erken is op 21 Februarie 1925 … 100 jaar gelede.
Vrydag, 21 Februarie was ‘n spesiale dag vir Afrikaans-sprekendes want 100 jaar later is Afrikaans se amptelike bestaansjaar gevier en Hoërskool Noordheuwel onderwysers bietjie meer uitbrei oor die taal.
Afrikaans-onderwyseres Anika Schoombie sê die taal is ‘n ongelooflike dinamiese taal, waar dit van ‘n ‘kombuistaal’ na die derde mees gesproke taal in die land gegaan het.
“Ons moedertaal het die vermoë om te innoveer en by die samelewing aan te pas met opkomende kwessies,” het sy gesê.

Sy vertel Afrikaans is die taal waarin ons dink, baklei en liefhet, waar dit in ons siele is en vreeslik spesiaal is om te praat.
Sy is trots om in haar moedertaal te praat, en glo ’n mens moet dit elke dag vier.
“Al emigreer jy, en jy leef nie heeltyd in Afrikaans nie, bly dit ‘n taal waarin jy droom. Jy kan die taal vier deur selfs maaltye te eet wat die moedertaal is in fisiese vorm, soos melktert, pannekoek en beesvleis,” het sy trots gesê.
“Mense moet oop wees om vernuwe Afrikaans te praat, jy hoef nie in ’n metaalfossiel vas te sit nie, en jy kan dit deel maak van jou lewe, waar jy jou kinders vir die taal kan grootmaak,” het sy bygevoeg.
Norie-personeel het ook die dag, waar hulle Moedertaal-lekkers geëet het, gevier om te wys hoe trots hulle is op hul taal en kultuur, na ‘n eeu van erkenning van die Moedertaal.
