Local news

’n Groot verlies: Marietta Botha sterf op 67

Marietta Botha, bekend vir haar kunstigheid en omgeehart, het op 24 Junie gesterf. Die gemeenskap onthou haar as ’n lig in hul lewens.

Die afsterwe van Marietta Botha (67) het ’n groot leemte gelaat in die harte van almal wat haar in Krugersdorp geken het.

Haar skoonsus, Nicolene Heydenrych, het die gemeenskap in kennis gestel dat Marietta op 24 Junie aan natuurlike oorsake oorlede is.

Sy het vertel dat Marietta in Pretoria-Wes grootgeword, skoolgegaan en uiteindelik daar getrou het. Sy en haar man het later na Thabazimbi verhuis en uiteindelik hul lewe in Krugersdorp gevestig.

“Marietta was baie kunstig en het voortdurend vir almal geskenkies gemaak. Sy het nie gewerk nie, maar was ’n ware tuisteskepper en het aan ’n pottebakkeryklub behoort,” het Nicolene vertel.

Behalwe vir haar kreatiwiteit, het Marietta ook haar man met duiwe-wedvlugte ondersteun. Sy was boonop ’n kranige hengelaar wat Protea-klere verwerf het.

Marietta Botha staan trots met ‘n vis wat sy gevang het. Foto ingestuur.

Haar troosdiens is op 12 Julie vanuit die Gereformeerde Kerk Krugersdorp-Noord gehou.

“Marietta was altyd behulpsaam, liefdevol en het ’n diep begrip vir haar medemens gehad,” het Nicolene afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button