Local news

Yeshua’s Ministry voed, bemagtig en versorg Pango-gemeenskap

’n Organisasie se werk gaan veel verder as om net kos te voorsien – hulle bied ook liefde, selfvertroue en onderwysgeleenthede aan.

Yeshua’s Children’s Ministry is ’n nie-winsgewende maatskappy wat al vir 17 jaar die Pangokamp-gemeenskap bedien.

Volgens die stigter, Charmaine Sonik, is hul doel om etes te voorsien aan minderbevoordeelde kinders, bejaardes en volwassenes.

“In die oggend voor skool gee ons vir die kinders ontbyt en ’n toebroodjie vir die skool. Ons help ook met skryfbehoeftes, skooldrag en registrasiegeld. Een keer per jaar reël ons ’n uitstappie om die kinders geliefd te laat voel en hul horisonne te verbreed,” het sy verduidelik.

Sy het die sopkombuis begin nadat sy gesien het hoe kinders en bejaardes in vullisdromme na kos soek. Dit het haar daartoe laat besluit om vir die gemeenskap te begin kook.

Die bediening voed ongeveer 300 mense per week, met eenvoudige maar voedende kos wat pap, rys, kool en soya insluit.

“Dit gee die mense voedselsekerheid en die kinders ’n gevoel van selfvertroue. Ons droom is om ons dienste uit te brei en nóg meer mense te help,” sê Charmaine.

Een van hul grootste uitdagings is om gereelde skenkers te vind. Charmaine glo egter dat donasies vanuit die gemeenskap kan help om die projek se doelwitte te bereik.

Indien jy ’n donasie wil maak, kontak hul donasies- en uitreikingsbestuurder, Morné Mulder, by 073 415 4538.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button