Afrikaans in die Wolke reeds volstoom aan die gang
Met talle kunstenaars, feesgangers en pretritte bewys die gemeenskap hul belang in taal, kultuur en tradisie.
Meer as 6 000 feesgangers geniet die mooi weer, heerlike geure en gevarieerde vermaak by Hoërskool Noordheuwel se Afrikaans in die Wolke.

Volgens skoolbemarker Sonet Guy bied die skool jaarliks dié fees aan met ’n verskeidenheid vermaak – van gewilde kunstenaars en smaaklike disse tot kreatiewe stalletjies.
@caxton.jhbwest Kom loer in by Afrikaans in die Wolke Dominique Duvenhage gesels met Sonet Guy, bemarker van Hoërskool Noordheuwel oor wat te siene is by die fees. #fyp #Afrikaans #hoërskoolnoordheuwel #CaxtonLocalMedia ♬ original sound – Caxton JHB West
Feesgangers het hul liefde vir Afrikaans uitgespreek en benadruk dat hulle hoop om die taal en tradisies aan die volgende generasie oor te dra.

Met getroue ondersteuners én dié wat dit vir die eerste keer beleef, stel die fees nie teleur nie.
@caxton.jhbwest Skare kom bymekaar om die optrede van Elandré ten volle te geniet. #fyp #Afrikaans #hoërskoolnoordheuwel #afrikaansindiewolke ♬ original sound – Caxton JHB West
Tasché en Elandré het reeds opgetree, maar nóg kunstenaars maak vanaand gereed om die verhoog aan die brand te steek.
