Vandag se weer in Noordheuwel … Afrikaans in die Wolke!
Ongeveer 7 000 mense word vandag verwag by Hoërskool Noordheuwel se bekende musiekfees, Afrikaans in die Wolke.
Vandag is dit weer tyd vir een van die grootste Afrikaanse musiekfeeste in Gauteng – Afrikaans in die Wolke.
Die fees vind vandag, 13 September, by Hoërskool Noordheuwel plaas. Volgens die skool se bemarker, Sonet Guy, word sowat 7 000 besoekers verwag.
Kaartjies is by die hek beskikbaar. Feesgangers kan uitsien na stalletjies, ’n pretpark vir die kinders, musiek en, soos Sonet dit beskryf, ‘ietsie om die keel af te koel’.

Die hekke open om 08:30 en die musikante wat optree is soos volg:
• 10:30 – Tashcé
• 13:00 – Elandré
• 13:30 – Juan Boucher
• 15:00 – Ons
• 16:30 – Snotkop
• 18:00 – Early B
• 19:30 – Die Heuwels Fantasties
“Ons sien uit om die gemeenskap vandag hier te sien,” het Sonet afgesluit.
