Local news

Krugersdorp-musikant beoog Guinness-rekord met langste trekklavierspel

Christiaan Ras van Krugersdorp-Wes, trekklavierspeler van die Klipwerf Orkes, beoog om die Guinness Wêreldrekord te breek met ’n 100 uur lange, ononderbroke musiekmarathon.

Vir meer as 35 jaar het Christiaan Ras van Krugersdorp-Wes, die trekklavierspeler van die Klipwerf Orkes, sy instrument bespeel en ’n merkwaardige mylpaal in sy musiekloopbaan bereik.

Christiaan, wat glo hy is een van Suid-Afrika se bekendste trekklavierspelers, maak sedert 1989 musiek. Hy het op vyfjarige ouderdom begin speel en was ook stigterslid en leier van Die Teelepeltjies.

Deur die jare het hy saam met verskeie bekende kunstenaars opgetree, onder andere Die Campbells en Rocco de Villiers. In 2023 het hy by die Klipwerf Orkes aangesluit as trekklavierspeler.

@caxton.jhbwest Krugersdorp-musikant Christiaan Ras beoog Guinness-rekord met langste trekklavierspel. Op 26 Desember gaan hy probeer om die wêreldrekord vir die langste aaneenlopende trekklavierspel te behaal, met die doel om erkenning in die Guinness World Records en die Golden Book of Records te kry. #fyp #Afrikaans #musiek #KlipwerfOrkes ♬ original sound – Caxton JHB West 

Op 26 Desember gaan hy probeer om die wêreldrekord vir die langste aaneenlopende trekklavierspel te behaal, met die doel om erkenning in die Guinness World Records en die Golden Book of Records te kry.

Hy verduidelik dat die huidige rekord deur Christelle de Franceschi van Frankryk gehou word, wat verlede jaar 80 uur, 53 minute en 28 sekondes aaneenlopend gespeel het.

“Ek beplan om 100 uur te speel, waar my poging wêreldwyd uitgesaai gaan word.”

Christiaan Ras (middel) speel trekklavier in sy kinderjare.

Hy het afgesluit deur te sê dat hy hoop om borge vir die poging te kry, en dat ’n persentasie van die fondse aan die Connie Mulder Sentrum vir gestremdes in Randfontein geskenk sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button