Local news

Mika-Juls vermaak ouetehuis-inwoners

Met die All Style Dance Association-kampioenskappe op pad, het Mika-Juls Harber eers besluit om haar talent aan diegene te wys wat dit die meeste waardeer – die inwoners van ’n tehuis.

’n Laerskool Protearif-leerder, Mika-Juls Harber, het dit haar missie gemaak om energie en vreugde na die inwoners van Moria Ouetehuis te bring.

Mika-Juls, ’n graad 6-leerder, dans al sedert sy vier jaar oud is en voel soos ’n vis in die water op die verhoog. Sy het opgemerk dat baie oumas en oupas nie altyd die kans kry om kinders se optredes by te woon nie, en het daarom besluit om vir hulle te wys wat sy gaan doen tydens die Suid-Afrikaanse All Style Dance Association-kampioenskappe in Polokwane op 18 Oktober.

Op 10 Oktober het sy ’n spesiale dansvertoning vir die tehuis se inwoners aangebied.

Haar ma, Shanelle Harber, sê Mika-Juls het al in verskeie eisteddfods en kultuurkompetisies uitgeblink.

“Vanjaar het sy selfs haar eerste treë in die vermaakbedryf gegee deur in advertensies te verskyn,” het sy bygevoeg.

Mika-Juls se droom is om haar liefde vir dans en drama na die groter verhoog en skerm te neem, en eendag ’n beroep soos maatskaplike werk te volg om met mense te werk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button