Local news

Royal Family Kids Camp Mogale hou fondsinsameling om mishandelde kinders te help

Die Royal Family Kids Camp Mogale hou ’n spesiale fondsinsameling om mishandelde kinders te ondersteun.

Die gemeenskap word aangemoedig om mishandelde kinders te ondersteun deur die Royal Family Kids Camp Mogale (RFKCM) se fondsinsameling by te woon.

Volgens organiseerder Johan Pottas sluit die geleentheid ’n optrede deur gospelsanger Cathy Viljoen in, met verversings en peuselhappies vir bywoners.

Die opbrengs gaan direk aan RFKCM om vir kinders ’n kamp te borg en hul benodigdhede te dek.

Kaartjies kos R120 per persoon, terwyl pensionarisse en kinders onder 12 slegs R50 betaal. Daar is net 300 kaartjies beskikbaar, waarvan sommige reeds verkoop is. Die fondsinsameling vind op 22 November by die Paul Kruger Gemeenskapsaal plaas en begin 10:00 vir 10:30.

“Ek sien uit om die saal so vol as moontlik te sien en genoeg fondse in te samel om ’n verskil in die kinders se lewens te maak. Ek moedig mense aan om hierdie vertoning by te woon om vir die kinders te wys dat hulle ook iets beteken in die lewe,” het Johan gesê.

RFKCM het vroeër ’n hoofkantoor by ’n kampterrein gehad, maar moes tydens die Covid-tydperk verhuis.

“Ons was baie lief vir ons kampterrein, maar ons bly positief en hoop om weer eendag ’n nuwe een te kry. Intussen klop ons aan by verskillende plekke en vra kwotasies om te besluit waarheen ons die kinders gaan neem. Ons as vrywilligers wil vir hulle wys dat daar hoop is, en dat hulle uniek en spesiaal is. Ons probeer om ’n verandering in hul lewens te bring,” het hy bygevoeg.

Johan en sy ma brei selfs beertjies vir die kinders om saam te neem, en maak boekmerke vir hul Bybels.

Indien jy die fondsinsameling wil bywoon, kontak Johan by 067 115 2975.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button