Local news

Maak ’n verskil in CCCO-kinders se skooljaar

Cross Connect Community Outreach doen ’n beroep op die publiek om skryfbehoeftes te skenk, sodat hul kinders die skooljaar vol selfvertroue kan aanpak.

Skryfbehoeftes is van kardinale belang vir ’n suksesvolle skooljaar, veral vir kinders wat onder moeilike omstandighede skoolgaan.

Terwyl die meeste kinders se ouers die nodige skryfbehoeftes kan voorsien, benodig Cross Connect Community Outreach (CCCO) dringende hulp om hul kinders van die nodige items te voorsien.

Volgens die hoofuitvoerende beampte van die kinderhuis, mnr. Kyle Tolman, het hulle tans 30 kinders wat hierdie hulp benodig.

“Skryfbehoeftes is items wat ons regdeur die jaar gebruik. Dit vergemaklik die kinders se lewens, sodat hulle normaalweg by die skool kan inskakel en, soos ander kinders, kan leer,” het hy verduidelik.

Die organisasie vra dat die gemeenskap betrokke raak deur skryfbehoeftes te skenk. Die volgende items is in nood:

• Boeksakke van verskillende kleure
• Vlaterwater
• Snesies
• Gom
• Lugverfrisser
• Pleisters
• Flip Files
• Gompapier
• Klei
• Handeseep
• Denim boeksakke
• Waterverf
• Boekoortreksels
• Wetenskaplike sakrekenaars vir die ouer kinders
• Pastelle

“Ons sal opreg dankbaar wees vir enige bydrae. Dit maak ’n merkbare verskil in ’n kind se lewe en stel hulle in staat om die skooljaar met selfvertroue aan te pak,” het mnr. Tolman afgesluit.

Indien jy ’n skenking wil maak, kan dit by die CCCO-kantoor by Shanonweg 81, tussen Maandag en Vrydag van 07:30 tot 17:00, afgelaai word. Jy kan ook ’n finansiële bydrae maak deur op die volgende skakel te kliek: https://www.crossconnect.co.za/support-us.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button