Ondersteuners bring hoop vir mishandelde kinders
Matla a Bana het vrywilligers en borge vereer vir hul toewyding om mishandelde kinders te beskerm en te ondersteun.
Matla a Bana maak al vir jare ‘n verskil in die lewens van kinders wat mishandel word, en hul rolspelers het onlangs saamgekom vir hul algemene jaarvergadering.
Die vergadering het op 23 Januarie by ‘n hotel in Ruimsig plaasgevind. Projekbestuurder Lizel Van Eeden het verduidelik dat die doel van die vergadering is om terugvoer aan lojale borge en ondersteuners te gee oor hul projekte en om die impak en verskil wat gemaak is oor die afgelope finansiële jaar te wys.

Talle rolspelers het die dag bygewoon, insluitend borge, lede van die polisie se Gesinsgeweld-, Kinderbeskermings- en Seksuele Misdrywe-eenheid, die Departement van Justisie, asook plaaslike kerk-gemeentes wat hul projekte ondersteun.
“Ons het toekennings aan hierdie rolspelers uitgedeel, insluitend lewenslange toekennings aan vrywilligers, sowel as borge wat skenkingstoekennings ontvang het,” het sy gesê.

Lizel het gesê die hoogtepunt van die dag was om almal te sien wat al vir jare die projekte ondersteun. Hul trustee, advokaat Veerash Srikison, het ook kennis en insig gedeel oor mediasie met die gaste.
“Ons is ‘n gemeenskapsprojek en sonder die ondersteuning van die gemeenskap kan ons nie aanhou om ‘n verskil te maak waar dit nodig is nie.”
fbvideo_id vid_id=1781066752588237
Indien jy die organisasie wil bystaan en ondersteun, klik hier.
Gedurende die vergadering is sukses stories van die afgelope finansiële jaar gedeel, waarin Matla a Bana meer as 30 000 kinders per jaar bereik met slagofferondersteuning en opvoedkundige programme.
