Vroue in Krugersdorp word genooi na Wêreldbiddag
Die Dameskring van Krugersdorp nooi alle vroue uit na ’n opbouende Wêreldbiddag vir Vroue – bring gerus ’n vriendin saam!
Die Dameskring, saam met die wêreldwye organisasie van Wêreldbiddag vir Vroue, bied hierdie jaar weer die jaarlikse byeenkoms aan. Die geleentheid vind plaas op 6 Maart.
Volgens die ondervoorsitter van die tak, Dalene Kruger, gaan daar vanjaar spesifiek gebid word vir die vroue van Nigerië. Die tema vir vanjaar se biddag is “Ek het jou mooi gemaak”, gebaseer op Psalm 139:14.
Die gasspreker, Janine van Niekerk, welbekende omroeper by Radiokansel, sal inspirasie aan die dag verleen.
“Ons sien daarna uit om hierdie gesellige en betekenisvolle geleentheid, saam met vroue uit ons dorp en omliggende areas, moontlik te maak,” sê mev. Kruger. “Kom bid saam en beleef ’n opbouende geestelike ervaring. Die bywoning is gratis, dus bring gerus ’n vriendin saam,” voeg sy by.
Die Krugersdorp-gebaseerde Dameskring hou vanjaar die biddag te Azalealaan 7, Roodepoort, vanaf 09:30.
Belangstellendes wat die byeenkoms wil bywoon, word versoek om voor 25 Februarie vir Dalene te kontak by 082 968 8240.
