Local newsSchool sport

Jong atlete jaag drome by Krugersdorp Kampioenskappe

Met sowat 700 atlete in aksie was die Krugersdorp Kampioenskappe allesbehalwe speletjies, en die top presteerders mik nou vir die Gauteng-Wes-kampioenskappe en selfs die Suid-Afrikaanse spanne.

Die dorp se opkomende laerskool-atlete het hul spykerskoene aangetrek en hulself deeglik voorberei vir die Krugersdorp Kampioenskappe.

Van Mullies tot Kennies en Nories het 54 skole aan die atletiekbyeenkoms op 12 Februarie deelgeneem, wat op Hoërskool Noordheuwel se astroveld aangebied is.

Caleb Siabi gooi diskus.

Volgens die organiseerder van die kampioenskappe, Quintin Botha, het skole van regoor die dorp deelgeneem en sal die topatlete deurdring na die Gauteng-Wes-kampioenskappe. Ongeveer 700 atlete het deelgeneem, en Botha het gesê die dag was nie grappies nie, en die kompetisie was uiters sterk.

Hy het verder beklemtoon dat dit vir hom veral opmerklik was om die samehorigheid tussen die skole te sien. Botha het afgesluit deur te sê dat dit die beste kompetisie in die Wes-Rand is en dat van die deelnemers selfs by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe verteenwoordig kan word.

Die uitslae sal bekend gemaak word sodra alles bevestig is – hou hierdie ruimte dop!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button