LifestyleLocal news

Boomliefhebbers verenig om erfenis te bewaar

Die Dendrologiese Vereniging nooi inwoners uit om deel te word van ’n wêreldwye netwerk wat fokus op boomstudie, bewaring en omgewingsbewustheid.

Die meeste mense sal saamstem dat bome van onskatbare waarde is, en ’n groep inwoners het besluit om ’n aktiewe rol in die bewaring daarvan te speel.

Op 1 Maart word die Wieg van die Mensdom-tak van die Dendrologiese Vereniging amptelik van stapel gestuur. Die tak beskik reeds oor 15 lede. Maar wat presies is ’n dendrologiese vereniging?

Volgens die takvoorsitter, Deon van Rensburg, is dit ’n organisasie wat die studie en waardering van bome, struike en ander houtagtige plante wêreldwyd bevorder. Die vereniging:

• Moedig die bewaring van skaars en bedreigde plante aan, veral te midde van bedreigings soos habitatverlies en stedelike ontwikkeling
• Reël toere, studiedae en simposia waartydens arboreta, botaniese tuine en natuurlike boomhabitats wêreldwyd besoek word
• Bied toelaes en beurse aan om jong dendroloë en navorsingsprojekte wat by die organisasie se missie aansluit, te ondersteun
• Publiseer uitgawes soos die eertydse Yearbook, wat artikels, resensies en bydraes van lede bevat

“Die organisasie is oorspronklik in België in 1952 gestig ná ’n byeenkoms van plantkundiges en boomspesialiste. Vandag het dit lede van regoor die wêreld en bevorder dit internasionale uitruiling van kennis oor bome,” verduidelik Deon.

Vir die vereniging is die bewaring, voortplanting en aanplanting van inheemse bome van besondere belang. Deon sê hulle beoog om verskeie projekte van stapel te stuur om die vereniging plaaslik te vestig. Dit sluit die identifisering van bome, die aanbring van naamplaatjies en die reël van staptogte in.

Indien jy deel van hierdie vereniging wil word, skakel die sekretaris, Amanda Morris, by 082 254 8387.

“Dendrologiese verenigings bring mense byeen wat ’n belangstelling in hierdie veld deel – van professionele plantkundiges en bosboukundiges tot entoesiaste en natuurbewaarders,” het Deon afgesluit.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button