Local news

Rekords val en talent skyn by Nories se Top 15

Sestig skole van regoor Suid-Afrika het saamgetrek vir die 37ste Nories se Top 15, met meer as 1 600 topatlete in aksie

Een van Hoërskool Noordheuwel se grootste atletiekbyeenkomste het onlangs plaasgevind, met skole van regoor die land wat aan die byeenkoms deelgeneem het.

Hierdie hoogtepunt op die jaarlikse kalender, bekend as Nories se Top 15, is op 4 Februarie aangebied. Volgens die skoolhoof, Dawie Kriel, het 60 skole aan die kompetisie deelgeneem. Hy het verduidelik dat die atlete gekies word op grond van die Suid-Afrikaanse atletiektabel, waarvolgens die 15 beste seuns en dogters vir elke onderskeie item aangewys word.

Kayla Venter wys hoe dit gedoen moet word.

Dit was die 37ste keer dat hierdie prestigegeleentheid aangebied is, met meer as 1 600 atlete wat deelgeneem het. Gedurende die dag is talle rekords verbeter, met Hoërskool Menlopark wat veral uitgeblink het deur 14 nuwe rekords op te stel.

Noordheuwel self het ook verskeie rekords verbeter, waaronder:

• Mieke van der Merwe het die dogters o14, 90m hekkies-rekord verbeter van 13.21 sekondes tot 12.68 sekondes (2024-rekord). Sy het ook die dogters o14, 300m hekkies-rekord verbeter van 43.53 sekondes tot 43.45 sekondes (2025-rekord).

• Milé Olivier het die dogters o15, 90m hekkies-rekord verbeter van 12.80 na 12.74 sekondes (2003-rekord).

Jaden Pienaar gee sy alles.

“Kyk, die mooiste deel van die dag is om geleenthede vir die atlete te skep, en dat alles so goed georganiseer was,” het Kriel afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button