Local news

Nuwe tuiste vir bejaardes in Mindalore amptelik geopen

Organiseerders rig ’n beroep op die gemeenskap vir die skenking van meubels en huisware om ’n liefdevolle tuiste vir bejaardes te skep.

Die voltooiing van ’n huis wat bejaardes in nood ’n veilige en liefdevolle tuiste bied, word op 5 Maart feesgevier.

Volgens Elizabeth Bouwer, direkteur van die Veterane- en Vrouefonds (VVF), word die gemeenskap hartlik uitgenooi na die amptelike opening en daknatmaak van The Anchor House op 5 Maart om 18:00 by 024 Jan van Rooyenstraat, Mindalore.

“Kom ondersteun hierdie kosbare projek en help ons om ’n verskil te maak. Kaartjies kos slegs R150 per persoon en sluit verversings in,” sê Elizabeth.

The Anchor House. Foto ingestuur

Sy kondig voorts aan dat die bekende sanger, Nic Stevens, en die bekende akteur, Jacques Gombault, die inwoners op die aand sal vermaak.

Besprekings kan per WhatsApp gedoen word na 066 456 3065.

Jacques Gombault gaan ook gaste vermaak. Foto ingestuur

“Ons doen ook ’n vriendelike beroep op die gemeenskap om, indien moontlik, meubels en huisware wat nie meer gebruik word nie, te skenk sodat The Anchor House volledig vir sy inwoners toegerus kan wees. Saam kan ons hoop bring en lewens aanraak. Ons sien daarna uit om u daar te verwelkom,” sluit Bouwer af.

Also read: Protecting our elders: National campaign gains momentum

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button