Local news

Tannie Koekie vier 100 jaar

Ongelukkig het sy onlangs ’n beroerte gehad, maar die gemeenskap hou duim vas vir haar herstel.

Een van Krugersdorp se oudste inwoners, Koekie Snyman, vier vandag, 18 Maart, haar 100ste verjaarsdag.

Tannie Koekie is in 1926 gebore en woon tans in die Memorial-woonstelle in die middestad. Die Krugersdorp News het verlede jaar verslag gedoen oor haar 99ste verjaarsdag, waartydens sy haar geheim gedeel het vir ’n lang en gelukkige lewe.

“Jy moet na jouself omsien en gesond bly. Wees aktief en moenie te veel medisyne gebruik nie; maar die belangrikste is om jou medemens te help en na hulle uit te reik,” het sy vertel.

Ongelukkig het Tannie Koekie op 16 Maart ’n beroerte gehad. Haar seun, Stanley Peterson, het vertel dat sy in die Leratong-hospitaal opgeneem is, maar dat dit op haar verjaarsdag beter met haar gaan as toe sy opgeneem is.

“Sy is baie bekend in die dorp, en almal hou duim vas en bid vir haar vinnige herstel en terugkeer huis toe,” het hy afgesluit.

Lees ook: Leer hoe om ’n Spekboom maklik te plant en kweek

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button