Local news
Mullies-leerders blink akademies uit
Laerskool Muldersdrif het hul akademiese uitblinkers vir die eerste kwartaal vereer met akademiese balkies vir leerders wat 80% en hoër behaal het.
Met die tweede skooltermyn wat onlangs afgeskop het, het Laerskool Muldersdrif sy akademiese uitblinkers van die eerste kwartaal erken.
Lees ook: West Rand residents urged to get flu shot ahead of winter
Leerders van graad 4 tot 7 is vereer toe hulle hul akademiese balkies ontvang het.


Volgens die skool se bemarker, Lindy Phaal, het die uitdeling op 16 April plaasgevind. Leerders wat ’n gemiddeld van 80% en hoër behaal het, het dié toekennings ontvang, met talle leerders wat in aanmerking gekom het.


“Baie geluk met puik uitslae, Mullies. Julle harde werk en toewyding maak ons vreeslik trots,” het sy gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
