Local news

Hoe om ’n gewone haakdoring te plant en versorg: Kenners gee raad

Ontdek hoekom hierdie vinniggroeiende, rypbestande boom 'n gunsteling vir voël- en wildtuine is, en hoe om dit behoorlik te versorg.

In die sesde uitgawe van die Boombewus-reeks, wat in samewerking met die Wieg van die Mensdom-tak van die Dendrologiese Vereniging van Suid-Afrika vervaardig is, val die fokus op hoe om die gewone haakdoring (Senegalia afra) te plant en onderhou.

LEES OOK : Waarom die gewone haakdoring ideaal is vir klein tuine

Volgens Ammerentia Venter, lid van die vereniging, is die haakdoring ‘n uitstekende, inheemse, waterwyse boom wat perfek is vir Suid-Afrikaanse tuine. Dit is bekend vir sy veertjiesagtige blare, geurige roomkleurige blomme, en gehardheid teen ryp en droogte.

Om dit te plant, begin mens met die grond, waar sy noem dit floreer in goed-dreinerede grond, insluitend sanderige of klipperige grond.

Ammerentia Venter snoei die haakdoring. Foto ingestuur

Plantmetode:
• Grawe ‘n gat wat minstens twee keer so breed en diep is as die boom se wortelbal
• Meng die uitgegraafde grond met kompos en ‘n bietjie beenmeel
• Plaas die boom in die gat, vul aan met die grondmengsel, en maak stewig vas.
• Belangrik: Moenie te naby aan plaveisel of geboue plant nie, aangesien dit ‘n redelik aggressiewe wortelstelsel het (hou dit minstens drie meter weg)
• Water by plant: Gee dadelik goed water en hou dit vir die eerste twee tot drie jaar gereeld nat totdat dit gevestig is

Onderhoud:
Water: Sodra dit gevestig is, is die boom hoogs droogtebestand en waterwys

Bemesting:
Nie baie nodig nie, maar ‘n gebalanseerde misstof in die lente kan help

Snoei:
Dit reageer goed op snoei. Snoei dit in die rusperiode (winter) om die vorm te behou of dooie takke te verwyder

Ryp:
Die boom is gehard teen ryp, maar jong bome moet die eerste twee jaar teen strawwe ryp beskerm word

Vinnige Feite:
• Groei tempo: Vinnig, ongeveer 700mm tot 900mm per jaar
• Grootte: 3m tot 12m, maar kan as ‘n klein boom of struik bestuur word
• Tuingebruik: Ideaal vir voël- en wildtuine, as ‘n enkelboom, of as ‘n veiligheidssif

“As jy die boom self wil kweek, kan jy sade in warm water week [vir 24 uur] en in die lente in swart sakkies saai, aangesien die penwortel sensitief is vir oorplanting,” sluit sy af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button