Local news

500 kinders vlieg vir die eerste keer

Die jaarlikse Children’s Flight by die Jack Taylor-vliegveld het minderbevoorregte kinders, asook dié van die Wesrandse Skool, die geleentheid gegee om onvergeetlike herinneringe te skep.

Inwoners het onlangs heelwat vliegaktiwiteit in die Delporton-lugruim opgemerk, maar dit was alles vir ’n goeie doel.

Die rede daarvoor was die jaarlikse vlug vir kinders, oftewel The Children’s Flight, wat op 8 Mei by die Jack Taylor-vliegveld plaasgevind het.

Neo Molfefe glimlag breed vanuit die kajuit van ‘n vliegtuig. Foto: Heinrich Greyling

Volgens organiseerder Felix Gosher is die doel van die geleentheid om minderbevoorregte kinders wat nog nooit tevore gevlieg het nie, die geleentheid te gee om dié ervaring te beleef. Verskeie organisasies het die dag bygewoon, insluitend 52 kinderhuise van regoor die land.

LEES OOK: Husband’s underwear prank leaves wife speechless

‘n Vlieënier help ‘n seun in ‘n vliegtuig. Foto: Heinrich Greyling
Vlieëniers waai voor hul op styg. Foto: Heinrich Greyling

“Ons wil die gemeenskap ophef met ’n dag soos dié, almal bymekaarbring en ’n verskil in die kinders se lewens maak,” het hy verduidelik.

Hy het verder vertel dat altesaam 500 kinders vir die eerste keer in ’n vliegtuig kon klim en die wolke invaar. Vir hom was die hoogtepunt om te sien hoe die kinders die ervaring geniet het.

“’n Mens onthou veral die kinders se glimlagte en hoe die ervaring nuwe moontlikhede in hul gedagtes oopmaak,” het hy gesê.

“Die dag was die onvertelde liefdesverhaal tussen vlieëniers en kinders.”

Steve Brown in sy Boeing-Stearman. Foto: Heinrich Greyling
Dieter en Cassandra Böck in ‘n helikopter. Foto: Heinrich Greyling

Nog ’n organisasie wat genooi is, was die Wesrandse Skool. Die skool se onderhoof, Freddie Jordaan, het gesê dit was ’n wonderlike voorreg en geleentheid vir die kinders.

“Die kinders was ongelooflik opgewonde om vir die eerste keer te vlieg. Hulle is ook bederf met kos, geskenkpakkies en vermaak, waarvoor ons baie dankbaar is,” het hy bygevoeg.

‘n Vliegtuig in die lug. Foto: Heinrich Greyling

Een van die vlieëniers wat aan die dag deelgeneem het, Dieter Böck, het gesê die dag was ’n wonderlike ervaring.

“Wanneer die kinders opgewonde raak, raak ons sommer ook opgewonde,” het hy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button