Local news

Winterskool bring Kersgees na Krugersdorp

Die VLU Fuchsia-tak se jaarlikse Winterskool het weer kinders én volwassenes bymekaar gebring vir ’n dag vol kreatiwiteit en Kersgees.

Kersfees het vanjaar vroeg aangebreek vir die Vrouelandbou-unie (VLU) se Fuchsia-tak tydens hul jaarlikse Winterskool.

Die Winterskool het op 15 Julie by die AGS Krugersdorp-Sentraal se kerksaal plaasgevind. Die tak se voorsitter, Lena Lombard, het gesê hulle bied die Winterskool al tussen 10 en 15 jaar aan. Vanjaar se tema was Kersfees in Julie.

Cherise en Jenna-Mae van der Vyver doen kunstige aktiwiteite. Foto: Heinrich Greyling

 “Die doel daarvan is om kinders te bemagtig en hulle nuwe vaardighede aan te leer. Deur die jare het volwassenes ook begin aansluit,” het sy gesê.

Ongeveer 35 mense het die Winterskool bygewoon. Volgens Lombard was daar verskeie aktiwiteite vir alle ouderdomsgroepe, wat gewissel het van die maak van Kerskranse tot ander kreatiewe handwerkprojekte.

Leticia Jacobs en Kaylee Calitz geniet die dag. Foto: Heinrich Greyling

“Ons sien altyd uit na dié dag. Dit is een van ons grootste dae van die jaar,” het sy afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button