Local news

Oom Johnny se reël vir ’n lekker braai

Johan Swanepoel deel sy gunstelingvleis, vuurmaakgeheime en eenvoudige voorbereiding vir ’n geslaagde Braaidag.

Met Braaidag, oftewel Erfenisdag, vandag, deel Johan Swanepoel (66), beter bekend as ‘Oom Johnny’, sy dekades se braai-ervaring en wenke vir die perfekte vuur.

Oom Johnny se passie vir braai strek veel verder as die gemiddelde Sondagmiddag se vuurtjie. Hy braai omtrent vyf keer per week en beskou Braaidag as ’n geleentheid om te ontspan, goeie kos te maak en saam met mense te kuier.

Een van sy geheime is om suurlemoensap op die vleis te gooi. Foto: Heinrich Greyling

“Om te braai is vir my vreeslik lekker en ’n maklike manier om kos te maak. Die reuk van ’n tjoppie op die vuur is briljant, veral ná ’n lang dag,” sê hy.

Hy verkies ’n vuur van sekelbos en glo hout gee vleis ’n beter smaak as houtskool. Sy gunstelinge op die rooster is skaaptjops, ribbetjies en boerewors, terwyl steak soms ook op die spyskaart verskyn – alles natuurlik saam met ’n braaibroodjie.

Wanneer dit by skaapvleis kom, hou hy die voorbereiding eenvoudig, met net suurlemoensap en Aromat. Volgens hom moet skaapvleis stadig oor ’n matige vuur gaargemaak word om dit sappig en sag te hou.

Vir Oom Johnny is die beste deel van ’n braai egter eenvoudig: goeie geselskap, ’n lekker vuur en ’n koue bier.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button