Nories se Eagles-dansgroepe vlieg hoog in Bloem
Atomic Eagles en Dynamic Eagles, twee dansgroepe van Laerskool Krugersdorp-Noord het albei podiumplekke behaal tydens die nasionale kampioenskappe in Bloemfontein.
Twee dansgroepe van Laerskool Krugersdorp-Noord het die afgelope skoolvakansie bewys dat harde werk beloon word toe hulle aan die Federation of Dance, Drill, Cheerleading and Majorette Sport South Africa (FDDCMSA) se nasionale kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem het.
Dit het van 11 tot 14 Julie plaasgevind.
In die Non Prop-kategorie het die Atomic Eagles ‘n derde plek uit nege spanne behaal, terwyl die Dynamic Eagles ‘n tweede plek in die Opekategorie losgedans het.
Die skool het die dogters gelukgewens met hul prestasie en wil hê elkeen moet weet dat hulle supertrots op hulle is.
Die skool bedank ook die afrigters, Isie Haupt, Amari Marais, Tenichia Biggs en Dané Marais vir hul harde werk.

