Kennies hou pretloop … egte Comrades-styl
Kennies het verlede week hul eie 'Comrades' aangebied. Soos met die gewildste ultramaraton ter wêreld was daar massadeelname, waterpunte langs die roete en natuurlik ook hope pret.
Daar is ‘n eerste keer vir alles!
Laerskool Kenmare het verlede week, op 2 September, ‘n pretloop om die skool aangebied.
Honderde leerders en selfs onnies het aan Kennies se heel eerste pretloop deelgeneem en in egte Comrades-styl was daar waterpunte langs die roete wat deur Run Zone beman is.

Almal het op dieselfde plek buite die skoolhek weggespring, maar die afstande wat die onderskeie ouderdomsgroepe afgelê het, het verskil.
Die tjokkertjies (Graad RR tot R) het 800m aangedurf, die juniors (graad 1’s tot 3’s) 1km, en die seniors (graad 4 tot 7) ‘n volle 2km. Mapogo het vir die kinders se veiligheid gesorg.
Dit was vir die juniors so lekker; hulle het gevra of ons dit nie maandeliks kan hou nie. Hoekom nie? Dis goed vir ons kinders om in die buitelug te kom,” het Elmarie van der Walt, departementshoof by Kennies gesê.




