Schools

Kennies droom groot met nuwe multisportsentrum

Laerskool Kenmare is die enigste laerskool in Gauteng wat sy eie binnehuise multisportsentrum het – iets waarop die skool baie trots is.

Nes Neverland, ‘n sprokies-eiland wat vir kinders soos Peter Pan iets spesiaal gebied het, kan Kennies se leerders nou groot droom danksy hul nuwe multisportsentrum.

Tydens ‘n gesellige Dinsdagaand laat in Augustus het Laerskool Kenmare hul spoggerige multisportsentrum van nagenoeg R4 miljoen in die teenwoordigheid van
120 gaste, waaronder burgemeester Tyrone Gray, borge, kontrakteurs en verskeie skoolhoofde amptelik geopen.

Verrigtinge is begin met skriflesing en gebed, verwelkoming deur die hoofleiers en ‘n toespraak deur die beheerliggaamvoorsitter Wim Krynauw, wat die agtergrond en proses van die sentrum se ontstaan geskets het voordat hy die lint geknip het.

Kennies se beheerliggaamvoorsitter Wim Krynauw aan die woord. Foto: Laraine Rabie Photography
Talles gaste het die amptelike opening bygewoon. Foto: Laraine Rabie Photography
Kennies-beheerliggaamvoorsitter Wim Krynauw knip die lint voor die deur van die multisportsentrum. Foto: Laraine Rabie Photography

Volgens Peter du Toit, skoolwoordvoerder, is Kennies die enigste laerskool in Gauteng wat sy eie binnehuise multisportsentrum het – iets waarop die skool baie trots is.

“Dit is iets nuuts en ‘n eerste vir ‘n skool in die omgewing, daarom is die opgewondenheid groot. Skole het maar net gewone nette en as dit reën vind oefeninge nie plaas nie en wedstryde word dikwels afgestel.

Ons het besluit om meer effektief te wees en ons sport op ‘n nog hoër vlak te kry deur die sentrum te bou. Die skool se sportkinders sal meer kan oefen.

“In die geval van byvoorbeeld krieket word ‘n bal weggeslaan, wat nie binne die sentrum sal gebeur nie. Die kolwers sal meer balle kan trotseer en die boulers sal meer balle kan af-stuur. Die proses is baie vinniger en almal kry meer oefening. Wanneer dit reën of as die weer onplesierig is sal oefening ook nie gekanselleer word nie. Sou dit in die rugbyseisoen gebeur kan ons steeds hantering, lynstane en fiksheid binne die sentrum oefen.”

Die multisportsentrum van buite af. Foto: Laraine Rabie Photography

Die sentrum is agt meter hoog met ‘n binnehuise-speeloppervlakte van 32 meter by 16 meter. Die krieketnette is vyf meter hoog, wat hoër is as dié in ‘n standaard binnehuise-krieketsentrum. Daar is ook onder andere ‘n ingeboude braai, drie toilette, ‘n snoepie en ‘n 5m by 5m kleedkamer waar die mure soos in die een by die Lords-krieketveld in Londen met onder andere spelers se prestasies versier kan word.

Die sentrum sal hoofsaaklik vir krieket gebruik word en as die nette weggeskuif word kan wedstryde vir seuns en dogters gehou word. Dan is dit ook ‘n volledige netbalbaan waar dogters kan oefen en wedstryde kan speel. Die sentrum is ingerig vir hokkie-oefeninge en aksiehokkiekragmetings, en rugbyspelers kan hul fiksheidsoefeninge daar doen.

Die binnehuise multisportsentrum waar verskeie sportspanne kan oefen en wedstryde speel. Foto: Laraine Rabie Photography

Tydens die openingsaand is die nuwe sentrum in gebruik geneem met ‘n netbalwedstryd tussen die dogterseerstespan en die dames-onderwysers, gevolg deur ‘n krieketstryd tussen die seunseerstepan en mansonderwysers.

Kennies-onnies wat die binnehuise netbalbaan beproef het. Foto: Laraine Rabie Photography
Onderwyser Chrizelle van Aarde probeer ‘n doel keer terwyl Mila Guy van Kennies se eerstenetbalspan toekyk. Foto: Laraine Rabie Photography
Netbalspelers in aksie op die binnehuise baan. Foto: Laraine Rabie Photography
Kennies se eerstekrieketspan is gereed om die nuwe multisportsentrum ten volle te benut. Foto: Laraine Rabie Photography
Die manspersoneel moes hul keer ken tydens hul westryd teen die seunseerstespan. Foto: Laraine Rabie Photography

“Dit het twee jaar geduur om alles gedoen te kry en ons sien nou uit na ‘n vriendskaplike binnehuise kriekettoernooi wat hier aangebied gaan word. As skool bedank ons graag vir Victor Greeff – ‘n ouer van die skool en argitek van Pro-Plan – wat die hele sentrum vir ons gratis ontwerp het, die planne geteken het en dit by die munisipaliteit ingedien het. Baie dankie ook aan Steven Smook van Triple X Fire wat die brandslange en -blussers geborg het; Jaco Lubbe van Lubcon Construction en sy span wat die sentrum teen kosprys gebou het; Jaques van Staden wat die ligte geborg het; die beheerliggaam wat die projek goedgekeur het; en Kevin Kinghorn wat die projek bestuur het.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button