Schools

Proties ryg Raca Eisteddfod-toekennings in

Die platinum- en diamanttoekennings het ingerol toe Laerskool Protearif-leerders aan vanjaar se Raca Eisteddfod deelgeneem het.

Laerskool Protearif se leerders het onlangs aan vanjaar se Raca Eisteddfod deelgeneem en verskeie platinum- asook diamanttoekennings ingeryg.

Die Proties-spreekkoor, wat uit graad RR- en graad R-leerders bestaan het ‘n platinumtoekenning ontvang terwyl die junior spreekkoor vir graad 1- tot 3-leerders onder leiding van Mariette Pretorius ‘n diamanttoekenning ingepalm het.

Die seniorspreekkoor vir graad 4- tot 7-leerders onder leiding van Anneke Putter het ook ‘n diamanttoekenning gekry.

Proties se seniorspreekkoor.

Verder het die skool se a cappella-groep vir graad 6- en 7-leerders ‘n platinumtoekenning gekry.

‘n Groep van die skool se graad 3-leerders het Wielie Walie tydens by die kompetisie opgevoer en die stuk is deur Joey Burger geskryf. Hulle het vir die optrede ‘n platinumtoekenning ontvang.

Die Proties se a cappella-groep.
Laerskool Protearif se juniorspreekkoor.
Die Proties-spreekkoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button