Schools

Kennies bring die pret terug

Laerskool Kenmare het onlangs 'n entrepreneurs- en kaskardag aangebied wat vir groot pret gesorg het. Tot die modder het gespat!

Mickey Mouse-ore, kleurvolle kostuums, geverfde gesigte, heerlike kos en prettige aktiwiteite was aan die orde van die dag by Laerskool Kenmare op Vrydag, 2 September.

Die skool se Entrepreneursdag het dié dag saamgeval met hul Kaskardag.

Chantal Lindeque, ‘n graad 7 EBW-onderwyser by Kennies het verduidelik, “Die Entrepreneursdag is slegs vir Graad 7’s en bepaal 50% van hul EBW-kwartaalpunt. Dit leer hulle basies hoe om hul eie besigheid te bestuur.”

Llewellyn Lourens en Jayden Nel by hul stalletjie.

Die tipes besighede waarmee die graadsewes vorendag gekom het, het gewissel van kos- en verversingstalletjies waar jy Spur-burgers, bacon rolls, corn dogs, prego rolls, roomys en biltong kon koop, tot aktiwiteitstalletjies soos hamster ball ry, en waterspeletjies en dié waar jy iets kon koop om huis toe te neem, soos speelgoed en selfs juweliersware.

Amoray Claassens, Bella Kruger, Helé Coetzee en Diané Ebersohn.
Dillan van den Berg en Dewald du Preez by hul stalletjie.

Die grootste pret was natuurlik in die middel van die veld waar juniorleerders mekaar op kaskarre rondgestoot en met mekaar meegeding het. Behalwe vir die groot pret het dit ook as fondsinsameling gedien.

Die Decrypt It-kaskarspan.

Spanne van Graad R tot 7 het in graadverband meegeding om te kyk wie die meeste rondtes binne ‘n bepaalde tyd kon voltooi. Die Graad R’e het op plastiekskopfietse gery en nie in kaskarre nie. Verskeie kaskarspanne het selfs borge gehad en oulike nommerplate soos Skillies, Decrypt It en Cobra Kai het voor op die kaskar gepryk.

Ons wou die pret terugbring want almal is so gefokus op die daaglikse dinge. Dit was vir die kinders en ouers net lekker om weer sosiaal te kon verkeer,” het skoolwoordvoerder Peter du Toit gesê.

Die Graad 2C-kaskarspan.
Die Graad 2B-kaskarspan in aksie.
Die Sibonga Fire-kaskarspan in aksie.
Die modder was deel van die kaskarbaan en duidelik groot pret.
Die Tyler-kaskarspan.
Die Skillies-kaskarspan.
Die JDNC Electrical-kaskarspan.
Die Decrypt IT-kaskarspan.
Nog lede van die Supreme Pet-kaskarspan.
Die modder was deel van die kaskarbaan en duidelik groot pret.
Die Graad 2B-kaskarspan.
Die Supreme Pet-kaskarspan.
Die Graad 2C-kaskarspan.
Die Graad 2A-kaskarspan geniet hulself.
Die Graad 2E-kaskarspan.
Die Payloads Porsche-kaskarspan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button