Primary SchoolSchools

Kennies-hoof se seënwense

Die hoof van Laerskool Kenmare, Wouter Immelman se seënwense vir Krugersdorp.

Die News het by die hoof van Laerskool Kenmare, Wouter Immelman gaan uitvind wat sy seënwense aan Krugersdorp se gemeenskap is.

“Namens die beheerliggaam, personeel en Kennie-kampioene van Laerskool Kenmare, wil ons graag aan elkeen vanjaar ‘n Christus-gevulde Kersfees toebid.

“Kersfees is waarskynlik vir die meeste van ons sinoniem met die jaarlikse hereniging van families en vriende. ‘n Tydperk waar ons mekaar herontdek en deel in die vreugdes en ervaringe van die afgelope jaar.

“Maar meer as dit, behoort dit ook ‘n hernude geleentheid te wees om ons Christenskap met mekaar te deel, en te bely dat God-drie-enig die middelpunt van ons bestaan is.

“Opnuut het ons ‘n geleentheid om weer ons dankbaarheid en afhanklikheid teenoor Hom te verklaar en verstom te staan oor die onverdiende genade wat ons so mildelik uit Sy hand ontvang het.

“Mag Christus hierdie jaar vir elkeen van ons die middelpunt wees van ons Kersgety, sodat elkeen van ons opnuut sal besef dat die Here se liefde en genade ons elkeen gedra het deur 2022, en ook die onbetwiste rede was vir ons suksesvolle bestaan.

“Mag elkeen se dankbaarheid dan tekenend wees uit ons liefde vir mekaar en die welwillendheid wat ons openbaar teenoor die wat ons paaie mag kruis.

“Mag u elkeen ‘n baie spesiale en geseênde Christusfees hê.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button