KidsPrimary SchoolSchools

Groot oë en glimlagte vir graad 1’s van Noordskool

Die rooi tapyt is Dinsdag, 10 Januarie letterlik vir Laerskool Krugersdorp-Noord se nuwe groep graadeentjie-paddabeentjies van 2023 en hul ouers uitgerol.

Grootskool kan soms bietjie intimiderend wees, maar dit is beslis nie vir die nuwe graad 1’s van Laerskool Krugersdorp-Noord nie.

‘n Dag voordat die res van die skool ook terugkeer om die nuwe skooljaar aan te pak het die graad 1’s en hul ouers op Dinsdag, 10 Januarie die geleentheid gekry om hul nuwe klaskamers te aanskou en om die onnies te ontmoet … en, o ja … om hul splinternuwe tasse vir almal te wys.

Rowan Scheepers van Laerskool Krugersdorp-Noord lyk sommer baie gemaklik in die skoolbank.
Ruby Pienaar het vir graad een paddabeen, Quin Gerry na haar eerste dag by Laerskool Krugersdorp-Noord vergesel.

Lees ook: KYK: Kennies se Knikkie-kleuters oor ‘grootskool’

Vroeg die oggend is die rooi tapyt letterlik vir die paddabeentjies uitgerol. Terwyl hulle met oë vol verwagting in die ry gestaan het om hul heel eerste skoolfoto te neem, het skoolhoof Charles Miller die geleentheid gebruik om elkeen met die hand te groet en verwelkom.

Na ‘n fotosessie saam mamma, pappa en sommer boetie en sussie ook, is die graad 1’s deur die skool se leerlingraad begelei tot by hul nuwe klasse.

Lees ook: : KYK: Van Norienes tot ‘grootskool’

Charles het ook aan die News vertel dat hulle sommer vanjaar ‘n hele paar stelle tweelinge verwelkom het – sewe om presies te wees!

Die News wens elke graadeentjie-paddabeentjie sterkte toe vir grootskool.

Thato Mogorosi is nie eens bang vir sy eerste dag by Noorskool nie, sy ma Iris Mogorosi het saam gekom.
Karabo Molefe wys sommer dadelik vir graad een wie is baas.
Miané Smook, Wynand Smook en Nicole Mearns by Laerskool Krugersdorp-Noord.
Madison en Mackenzie Breet van Laerskool Krugersdorp-Noord.
Laerskool Krugersdorp-Noord se hoof, Charles Miller verwelkom vir Marno Blom.
Ewan-Leigh Braun se baba sussie Car-Leigh en mamma Bokkie Gerber het saam met hom die groot dag aangepak by Laerskool Krugersdorp-Noord.
Almal is reg vir die eerste dag in Laerskool Krugersdorp-Noord. Trevina Chapman, Géne Miller en Errol Miller.
Cadyn Vorster lekker deftig vir sy eerste dag by Laerskool Krugersdorp-Noord.
Abby en Alexa Annandale is reg om saam graad een by Laerskool Krugersdorp-Noord aan te pak.
Abé-Gaile Blignaut het sommer tuis gevoel in haar graad een kals by Laerskool Krugersdorp-Noord.
Mamma Izaan Uckermann en pappa Robert Uckermann het vir Rozaan Uckermann klas toe vergesel.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button