Rekords spat by Nories se Top 15-atletiekskouspel
Hoërskool Noordheuwel het onlangs die opwindende Top 15-atletiekbyeenkoms aangebied. Hulle spog met nege eerste plekke en het derde algeheel geëindig (uit 54 skole).
Die Top-15 Atletiekbyeenkoms – ‘n trotse tradisie wat al 34 jaar strek – is onlangs weer by Hoërskool Noordheuwel voortgesit.
Op Woensdag, 8 Februarie het die beste atlete van 54 skole sover as Potch, Middelburg, Nelspruit en Bethlehem van vroeg die oggend tot laat aand kragte gemeet vir ‘n plek op die podium. Plaaslike skole wat deel was van die skouspel sluit in die gasheer Nories, Monnas, Riebeeckrand, Curro Krugersdorp, Florida, Jan Viljoen, Bastion en Roodepoort.

In afdeling 1 (meer as 1 000 kinders) is Menlopark van Pretoria eerste met 14 019 punte gevolg deur Zwartkop (13 352) en derde Nories (13 285). Monnas het die vierde plek bekleë met 13 239 punte.
In afdeling 2 (minder as 1 000 leerders) was dit Witteberg van Bethlehem wat eerste geëindig het met 12 016 punte. Hoogenhout was tweede (11 761) en Jeugland derde (11 616). Bastion van Witpoortjie was 11de met 10 829 punte terwyl die twee Randfonteinse skole, Riebeeckrand en Jannas die 14e (10 272) en 15e (10 213) plekke onderskeidelik ingeneem het.
“Die byeenkoms was baie suksesvol,” het atletiekorganiseerder van Nories, Neville Delport gesê. Hy het bygevoeg alhoewel daar geen ernstige beserings of probleme was nie, is daar tog gebid vir die reën om weg te bly.
Die reën het reeds 07:00 begin val. Gelukkig was die reën klaar teen die tyd wat die byeenkoms afgeskop het. Dit het wel in Roodekrans en om die skool gereën maar ons is geseën met goeie weer op die dag!”

Wat die aksie op die atletiekbaan- en veld aanbetref is talle rekords verbeter.
In die driesprong vir seuns o19 het Ethan Olivier van Overvaal die rekord verbeter na 16,28m. Sabelo Ndlovu was die voormalige rekordhouer met ‘n sprong van 15,45m.

Daar is verder nog 11 rekords verbeter naamlik Bianca Stoltz (Menlopark) en Mineke Dekker (Zwartkop) wat blitsige tye van 10 minute en 18,87 sekondes en 9 minute en 50,84 sekondes onderskeidelik in die 3 000m vir dogters o14 gespog het; Li-Mari Dekker (Zwartkop) se 9 minute en 48,04 sekondes in die 3 000m vir dogters o19; Hanno Bester (Zwartkop) se 9 minute en 32,36 sekondes in die 3 000m vir seuns o14; Neo Montsho (Montana) se 10 minute en 13,55 sekondes in die 3 000m vir seuns o14; Alicia Khunou (Menlopark) se 49,60m in die diskus-item vir dogters o17; Heidi Booysen se 16,13m in die gewigstoot-item vir dogters o15; Ashley Erasmus (Nelspruit) se 16,97m in die gewigstoot vir dogters o19; Werner Bezuidenhout (Menlopark) se 13,70 sekondes in die 110m hekkies vir seuns o17; Leender Koekemoer (Helpmekaar) se 21,56 sekondes in die 200m vir seuns o16 en weer Alicia Khunou (Menlopark) se 17,01m in die gewigstoot vir dogters o17.

Uitslae van plaaslike skole (slegs eerste plekke en finaal):
• Marceghelle Wakefield (Monnas) – 2 minute en 02,30 sekondes in die 800m vir seuns o16
• Keagan Coetzee (Nories) – 4 minute en 29,01 sekondes in die 1 500m vir seuns o14
• Kaylie van Oudsthoorn (Nories) – 12,07 sekondes in die 100m vir dogters o16
• Marceghelle Wakefield (Monnas) – 4 minute en 10,90 sekondes in die 1 500m vir seuns o16
• Aidan Bester (Nories) – 10,86 in die 100m vir seuns o16
• Corne de Fouw (Monnas) – 4 minute en 00,04 sekondes in die 1 500m vir seuns o19
• Kaylie van Oudsthoorn (Nories) – 24,90 sekondes in die 200m vir dogters o16
• Corne de Fouw (Monnas) – 8 minute en 47,03 sekondes in die 3 000m vir seuns o19
• Hanri Pretorius (Nories) – 58,24 sekondes in die 400m vir dogters o16
• Enrique Bosch (Monnas) – 13,75 sekondes in die 100m hekkies vir seuns o14
• Caylen Jenkins (Nories) – 13,67 sekondes in die 90m hekkies vir dogters o15
• Lwellyn Harmse (Monnas) – 52,52 sekonds in die 400m hekkies vir seuns o17
• Caylen Jenkins (Nories) – 45,25 sekondes in die 300m hekkies vir dogters o15
• Hanco van Geelen (Monnas) – 14,86m in die gewigstoot vir seuns o14
• Francois Venter (Nories) – 6,83m in die verspring vir seuns o17
• Morne Venter (Monnas) – 54,22m in die diskus vir seuns o19
• Hanre van Rooyen (Florida) – 51,87m in die spiesgooi vir seuns o19
• JL van Rensburg (Nories) – 18,38m in die gewigstoot vir seuns o19

Lys van deelnemende skole:
• Afrikaans Hoër Meisies
• Alberton
• Bastion
• Ben Vorster
• Birchleigh
• Centurion
• Crowthorne Christian Academy
• Curro Krugersdorp
• Die Anker
• Dinamika
• Driehoek
• EG Jansen
• Eldoraigne
• Ermelo
• Florida
• Fourways
• Frikkie Meyer
• Garsfontein
• Hans Strijdom
• Helpmekaar
• Hoër Volkskool Heidelberg
• Hoër Volkskool Potchefstroom
• Hoogenhout
• HTS Middelburg
• Hugenote
• Jan Viljoen
• Jeugland
• Kempton Park
• King Edward’s School
• Klerksdorp
• Linden
• Lydenburg
• Menlopark
• Midstream
• Montana
• Monument
• Nelspruit
• Noordheuwel
• Oosterlig
• Overvaal
• Parel Vallei
• Potchefstroom Gim
• Randburg
• Randpark High
• Riebeeckrand
• Roodepoort
• Rustenburg
• Secunda
• St. Stithians
• Transvalia
• Vereeniging Gim
• Wesvalia
• Witteberg
• Zwartkop
