Kaskar-kaskenades by Laerskool Krugersdorp-Noord
Dit was weer onlangs tyd vir Laerskool Krugersdorp-Noord se prettige kaskardag.
Dit was weer kaskar-kaskenades by Laerskool Krugersdorp-Noord toe die sewe grade mekaar nie net op die baan aangevat het nie, maar ook met elkeen se tema-lied.
• Lees ook: Noordskool se Arri is 10 jaar oud!

Quinton Botha van die skool het nie net elke leerder verwelkom nie, maar ook die ouers en grootouers wat spesiaal gekom het om die kinders se danspassies en hul spoed om ‘n kaskarbaan te sien.
Op 14 April het die skool hul jaarlikse kaskardag aangebied, terwyl dit nog lekker warm was. Hierdie jaar se tema was vuur en elke graad moes iets aantrek wat met vuur te doen het.

Die graad eens se tema was Fireman Sam, en daar was ‘n paar brawe brandweermanne in die bondel. Volgende was die graad twee’s wat Fire and Ice gekies het. Terwyl die dogters soos warm sonstrale gelyk het, was die seuns die koue ys. Die graad drie’s het vlamme gekies en die graad vier’s het elkeen met ‘n braaitang in die hand hul tema van braai buddies uitgebeeld.
• Lees ook: Noordskool getuig van ‘n goeie jaar
By die seniors was die graad vyf vuurvliegies, die graad sesse die burning flame en graad sewe was fireworks.
Na almal se optog is daar uit die juniors en die seniors ‘n wengraad aangewys. Na aanleiding van wie hul tema die beste uitgebeeld het en wie die lekkerste dans gehad het, het die beoordeelaar die graad twee’s as die jaar se wenners aangewys.

Die graad sewe groep het in die senior groep gewen nadat hulle die vuurwerktema mooi uitgebeeld het.
Volgende was dit die oomblik waarvoor almal gewag het. Die kaskarresies. Hier het die kinders in klasverband teen mekaar aangetree – met een leerder wat bestuur en twee wat stoot. Elke groep kon twee keer om die baan gaan voordat hulle aan die volgende groep moes aflos.

Maar terwyl die grade meegeding het in die staalkarre, was die res van die leerders besig om hope pret te hê. Met springkastele, glybane en selfs kleurpoeier om mekaar net so ekstra bietjie kleur te gee.
Die skool hou elke jaar die dag as ‘n pretdag vir die kinders en ook as ‘n fondsinsameling.




