Kiara klop aan die Protea-netbalspan se deur
Kiara van Eeden, 'n Graad 11-leerder van Hoërskool Noordheuwel se lys van prestasies in netbal is lank en dit is nou net 'n kwessie van tyd totdat sy vir die nasionale vrouenetbalspan uitdraf.
Hoërskool Noordheuwel se Kiara van Eeden klop aan die deur van die Protea-netbalspan.
Die Graad 11-leerder se prestasies spreek boekdele en het onlangs haar grootse prestasies nog behaal deur gekies te word vir die SA Fast Five o18-span wat aan die 2023 Statebondspele gaan deelneem.
“Ons is super trots op Kiara en wens haar alles van die beste,” het skoolwoordvoerder Sonet Guy gesê.
Kiara se lys van prestasies is lank en dit is nou net ‘n kwessie van tyd totdat sy vir die nasionale vrouenetbalspan uitdraf.
PRESTASIES:
2022:
• Wildklaver o16-speler van die toernooi
• Gauteng Hoërskool Netbalspeler van die Jaar
• Hoërskool Noordheuwel Senior Netbalspeler van die Jaar
• Hoërskool Noordheuwel Verdediger van die Jaar
• Hoërskool Noordheuwel Sportdogter van die Jaar
• UJ – Jaareinde toernooi se beste verdediger
• Gekies as deel van die top 35 o16-spelers in SA
• Kaptein van die o16 Gauteng-netbalspan
• Lid van Hoërskool Noordheuwel se eerste netbalspan
• o16 Gauteng-span
• o16 SA-span
2023:
• Verteenwoordig die SA o17-netbalspan tydens die African Schools Netball Games. Die span wen goud.
• Kaptein van die o17 SA-netbalspan
• Lid van Hoërskool Noordheuwel se eerste netbalspan
• Gauteng o17-netbalspan
• Gekies vir die SA Fast Five o18-span wat aan die 2023 Statebondspele gaan deelneem
• JNR Jaguars-span
