EntertainmentSchools

Kennie Fees laat die voete beweeg

Vanjaar se Kennie Fees is as 'n groot sukses beskryf met onder andere Early B en Robbie Wessels wat opgetree het.

Laerskool Kenmare was die plek om te wees op 3 Junie toe hul gewilde Kennie Fees plaasgevind het.

• Lees ook: Kennies hou ‘n fees duisend

Dit word beskryf as een om te onthou waar verskeie kunstenaars opgetree het om die gehoor te vermaak terwyl die bekende akteur, skrywer, regisseur en produksieleier Hammie Wessels die maagspiere laat prikkel het met sy humor en grappies. Talle sal hom veral onthou vir sy treffer-lied Bruce Lee wat spog met miljoene kykers op YouTube en ander sosiale media-platforms.

Hammie Wessels.

Feesgangers kon intussen ook lekker smul aan kos of hul dors les by die verskeie stalletjies.

Alexander Leibbrandt, Jayden Lubbe, Keegan McCarthy, Jordan Coetzer en Reinhardt Bell.

Leah het die fees afgeskop met haar spoglied Nooit Alleen wat sy saam met Jo Black sing. Feesgangers het toe behoorlik op en af gespring met Early B en DJ Justin Vega se Potte.

DJ Justin Vega.

Die hoofoptrede was niemand anders as Robbie Wessels wat almal of laat huil met Die Sluise Van Die Hemel (opgeneem saam met Bok van Blerk) of laat lag met Bakkie Balle.

Robbie Wessels.

Skoolwoordvoerder Peter du Toit het op sosiale media die Kennie-fees as ‘n groot sukses beskryf.

Dit was ‘n dag vol goeie musiek, familie en vriende. Ons wil net dankie sê vir elke mamma, pappa, ouma en oupa wat die dag kom help het en bygewoon het.

Kiarah Fritz en Abigail van der Sandt.

“Ons waardeer elkeen se ondersteuning! Dankie aan Leah SA, Early B en Robbie Wessels vir jul puik optrede, julle weet hoe om ‘n mens se voete te laat beweeg. Laaste maar definitief nie die minste nie, dankie aan Hammie Wessels, vir al jou moeite en grappies om die dag ‘n sukses te maak!”

Lisa Combrink.

 
Back to top button