Schools

Nories se Wilmé ‘n netbalster en hoofdogter vir 2024

Wilmé Wilson het vanjaar groot prestasies behaal, nie net op die netbalbaan nie, maar as leier ook.

Wilmé Wilson van Laerskool Krugersdorp-Noord het verseker dat haar naam in netbalkringe onthou sal word.

Dié jong netbalspeler was kaptein van die o12A-netbalspan wat vanjaar deurgedring het na die Gauteng Kampioenskappe, gehou by Hoërskool Dr EG Jansen in Boksburg. Hulle het alles gegee en ‘n goeie agtste plek behaal.

Wilmé is toe genooi om verskeie rondtes proewe by te woon en is uiteindelik tot die Gauteng netbalspan verkies wat ‘n briljante eerste plek tydens die Suid-Afrikaanse Netbalkampioenskappe losgeslaan het.

Om die jaar op ‘n hoogtepunt af te sluit is Wilmé ook aangewys as Noordskool se beste netbalspeler en Sportdogter van die Jaar. Sy is boonop as Noordskool se hoofdogter vir 2024 aangewys.

Noordskool is vreeslik trots op haar en sê dat sy ‘n talent is om dop te hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button