Schools
Noordskool verwelkom hul 2024 arendskuikens
Noordskool se nuwe groep graadeentjies vlieg soos arende noudat hulle in die grootskool is.
Laerskool Krugersdorp-Noord het verlede week hul nuwe klomp arendskuikens verwelkom.
Volgens departementshoof Quintin Botha was die eerste amptelike dag van grootskool baie spesiaal en is elkeen deur skoolhoof Charles Miller ingewag.

“Die maatjies het reeds teen einde 2023 hul juffrou ontmoet en kon hulle op die eerste amptelike skooldag vanjaar sommer dadelik inval. Hulle is ook klasse toe vergesel waar hulle nuwe maatjies ontmoet het. Mammas en pappas was ook saam met hul kinders opgewonde en dit is duidelik met die oomblikke wat op kamera vasgevang is.

“Noordskool wens elke nuwe Norie ‘n wonderlike laerskoolloopbaan toe by Noordskool.”



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
