Schools

Proties-atlete blom waar hulle geplant is

Die trots loop oor by Laerskool Protearif nadat talle atlete die skool en dorp se naam hoog gehou het die atletiekseisoen.

Laerskool Protearif is trots op hul atlete wat floreer hierdie atletiekseisoen.

Gewigstoot en diskus atleet Annabelle Blignaut, Leeroy Hoffman (gewigstoot) en Aiden Viljoen (diskus) het onlangs aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem. Die skool het ook onlangs die nuus ontvang dat Annabelle deur is na die SA Kampioenskappe wat gedurende die opkomende skoolvakansie plaasvind.

Boonop het vyf Proties-atlete uitgeblink tydens die D2 Kampioenskappe.

Migual Venter. Foto ingestuur.

Ella Dempers het ‘n derde plek behaal in verspring met ‘n afstand van 4.11 meter, Miguel Venter ‘n vierde plek in hoogspring met ‘n hoogte van 1.25 meter, Annabelle ‘n tweede plek in gewigstoot met ‘n afstand van 10.21 meter asook ‘n eerste plek in diskus met ‘n afstand van 32.72 meter, Leeroy het ‘n eerste plek in gewigstoot met ‘n afstand van 10.51 meter behaal en Aiden ‘n tweede plek in diskus met ‘n afstand van 27.74 meter.

Ella Dempers. Foto ingestuur.

Verder het die volgende top 20 atlete verlede maand aan die Top 20-atletiekbyeenkoms wat by die UJ Stadion in Westdene plaasgevind het, deelgeneem:

• Ruben van Heerden (60 meter en 80 meter)
• Zwante de Bruin (80 meter)
• Zike de Bruin (60 meter)
• Camdyn Cristoffels (60 meter en 80 meter)
• Zakk Janse van Rensburg (80 meter)
• Liam Janse van Rensburg (60 meter)
• Harold van der Riet (80 meter)
• Dian de Waal (1 200 meter)
• Leeroy Hoffman (gewigstoot)
• Riegard van Emmenes (gewigstoot)
• Miguel Venter (verspring en hoogspring)
• Ella Dempers (100 meter, 70 meter hekkies en 80 meter)
• Xavier Kok (80 meter)
• Aiden Viljoen (gewigstoot, 150 meter en diskus)
• Jean-Luc Nortje (hoogspring)
• Kathleen Erasmus (100 meter)
• Ethan Henning (150 meter hekkies)
• Caylee Hoffman (spiesgooi en 200 meter hekkies)
• Annabelle Blignaut (gewigstoot en diskus)

 
Back to top button