Schools

Nories stap kerk toe om Hemelvaartdag te vier

Noordskool het die tradisie om kerk toe te stap op Hemelvaart voortgesit – 'n eerste sedert 2019.

Op 9 Mei het Laerskool Krugersdorp-Noord vir die eerste keer sedert 2019 na die NG Krugersdorp-Noord Gemeente gestap om Hemelvaartdag te vier.

Luan Smit, Bernard Pretorius, Barry van Jaarsveld, juffrou Janneke du Plessis en Elske Oliver stap voor kerk toe.

Die dag het begin met ‘n saalopening, gepaard met ‘n optrede deur Nories se Christelike groep waar hulle gedans en gesing het vir die skool. Toe die leerders die saal verlaat het, het hulle ‘n kaartjie ontvang wat sê dat jy vir God ‘n kosbare pêrl is.

Dean Jordaan, juffrou Elusbi Pretorius en Juanita van Zijl op pad kerk toe.

Die 975 leerders het toe vanaf die skool, kerk toe gestap.

“Dit is ‘n reuse voorreg dat Nories na ons toe kon kom, veral omdat ons dit in 2019 laas gedoen het,” het ds Jorina Redelinghuys, leraar by die kerk, gesê.

Wikus Geldenhuys, Marnus Kuun, Rantsatsi Mokotedi, Ruan Janse van Rensburg en Aiden le Roux.

Die boodskap wat ds Jorina aan die leerders oorgedra het was ‘n vergelyking van spookasem in water. Sy het gesê dat wanneer spookasem in water verdwyn, is dit soos die Here wat in ons leef. Die spookasem was ook simbolies van die wolke waarop die Here hemel toe opgevaar het.

“Ons is bly die skool was oop op Hemelvaart en dat ons leerders kerk toe kon stap,” sê Quintin Botha, woordvoerder van Laerskool Krugersdorp-Noord.

 
Back to top button