Schools

Kollig op twee Norie dramaleerders

Nories is trots op Rico Immelman en Keagan Cooper wat op 'n gewilde TV-realiteitsreeks gaan verskyn.

Hoërskool Noordheuwel het twee leerders wat op die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) se TV-realiteitsreeks, Gekies vir die Kollig, gaan verskyn.

Volgens ATKV hoofbestuurder van kommunikasie Mercia Eksteen, is die top agt vir die produksie genooi na die stel van Gekies vir die Kollig, waar hulle nog meer ondervinding gaan opdoen deur met ’n kameraspan en hul mentors te werk voor hul finale opnames deur ’n nuwe paneel beoordeel word. Sy het bygevoeg dat twee Norie-leerders, Rico Immelman en Keagan Cooper, die top agt gehaal het.

JJ van Niekerk, projekorganiseerder van ATKV-DigiToneel, sê hy is opgewonde om te sien hoe die simbiose-tema in ’n nuwe, opwindende ligging die spelers gaan slyp vir die finale rondte.

Keagan Cooper.

“Die talent is uitsonderlik en ek is daarvan oortuig dat die resep, met mentors wat saam in die bokskryt klim, die heel beste in die top agt gaan uitbring,” het JJ bygevoeg.

Noordheuwel se kultuurhoof, Mariki de Villiers Knop sê dat dit was vir hulle ook ‘n groot bederf om ses leerders in die nasionale top 16 te hê.

“Ons is geweldig trots op die twee graad 11 seuns wat na die Top 8 rondte vir die program gekies is wat in die kollig sal verskyn. Ons werk nie net vir uitsonderlike uitslae nie, maar beywer onself om leerders uit te stuur met belangrike vaardighede in die filmbedryf in,” het Mariki gesê.

“Platforms soos hierdie is pryslose geleenthede vir kinders wat in die filmbedryf belang stel, nie net voor die kamera nie, maar ook agter die skerms,” het Mariki afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button