Schools

Brons vir Mullies se o13-skaakdogters

Mullies se o13-dogters skaakspan maak geskiedenis tydens distrik finaal.

Laerskool Muldersdrif se o13-dogters skaakspan het deurgedring na die distrik finaal wat onlangs by Carlton Jones High gehou is en wat nou amptelik deel van die Krugersdorp-span is.

Volgens Mullies se skaakorganiseerder Tersia Pretorius het hulle verskeie skaakspanne gehad wat deelgeneem het.

Imke Nel maak haar skuif.

“Tydens hierdie ligas het ons o13-dogters skaakspan die beste punte behaal. Ons dogters was dus deel van die Krugersdorp-span en het deurgedring na die distrik finaal wat op 20 Julie plaasgevind het waar al die distrik se spanne teen mekaar meegeding het,” het Tersia gesê.

Sy vertel verder dat min skole o13-dogter skaakspanne het, en dat hul dogters teen vier ander skole gespeel het en derde plek behaal het by die finaal.

Mignon van der Merwe dink oor haar volgende skuif.

Die span bestaan uit Payton du Toit, Milan Botha, Mieke van der Merwe, Mignon van der Merwe, Imke Nel en Janelda Basson.

“Ons dogters gaan ongelukkig nie verder om deel te neem aan die provinsiale kompetisie nie. In Laerskool Muldersdrif se geskiedenis is dit die eerste jaar wat ons ‘n o13-dogters skaakspan het. Hierdie dogters het soos een man saamgestaan met elke kompetisie en tot en met die finaal hul absolute beste gelewer,” het Tersia afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button