Schools

Kleuters skenk 67 komberse aan Cradle of Hope

Carpe Diem kleuters skenk 67 komberse aan die Cradle of Hope.

Die onderwysers, ouers en kleuters van Carpe Diem Kleuterskool het besluit om Mandeladag te vier deur bietjie ekstra warmte aan ander te skenk.

Annelize Floor van die kleuterskool het verduidelik dat hulle besluit het om hul 67 minute te skenk aan The Cradle of Hope.

Die Carpe Diem Kleuters by die komberse wat aan Cradle of Hope geskenk is.

“Ons plan was om 67 komberse aan die organisasie te skenk. Ons ouers het ons wildste verwagtinge oortref, en op 18 Julie kon ons 67 komberse gaan aflaai, en 62 van hulle was handgemaak!”

In ‘n Facebook-plasing het Cradle of Hope gesê, “Baie dankie aan Annelize en die Carpe Diem-ouers vir die pragtige handgemaakte komberse wat hulle geskenk het. Julle goedhartigheid sal aan baie mense in nood die nodige warmte en troos verskaf in die koue maande. Julle vrygewigheid in die gemeenskap is ‘n riem onder die hart en maak beslis ‘n verskil.”

Back to top button