Schools

G’n plek vir afknouery by Kennies

Matteus bespreek boeliegedrag en afknouery met leerders van Laerskool Kenmare.

AfriForum se teenboelieveldtogspan gelei deur die gelukbringer Matteus het onlangs raad oor afknouery gedeel met meer as 1 000 leerders van Laerskool Kenmare.

Volgens AfriForum se bestuurder vir jeugleierskap Leandie Bräsler, was die inligtingsessie deel van hul nasionale veldtog, waardeur kinders ingelig word oor die verskynsel van boeliegedrag wat veral skoolgaande kinders oor die wêreld heen raak.

Leandie vertel verder dat Tania Scheepers, AfriForum se projekassistent vir onderwys, die inligtingsessies aanbied op ’n unieke en kindervriendelike wyse.

“Sy lig kinders in oor die gevare van boeliegedrag, hoe om boeliegedrag uit te ken en hoe kinders hulself teen afknouery kan staal. Die boodskap steun sterk op die Bybelse konsep van geestelike wapenrusting wat as’t ware ‘aangetrek’ kan word in die stryd teen afknouery,” sê sy.

Matteus, Tania Scheepers en Zander Viljoen by die inligtingsessie.

Leandie definieer boeliegedrag as ‘n skadelike of aggressiewe optrede wat op ’n aanhoudende en deurlopende wyse plaasvind en spesifiek gerig word op ’n leerder met minder gesag en selfvertroue as die boelie.

Kennies se departementshoof Laurentius Conradie het vertel dat bewusmaking oor boeliegedrag belangrik is, omdat dit verskeie kritieke aspekte van die skoolomgewing en leerderwelsyn beïnvloed.

“Kwessies soos leerders se veiligheid en welsyn, geestesgesondheid, akademiese prestasies, verhoudings en sosiale vaardighede kan alles op kort en lang termyn deur boeliegedrag beïnvloed word,” het Laurentius mee afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button