Schools

Kennies kén Die Bybel

Kennies was die enigste skool van die Wes-Rand wat deelgeneem het aan 'n Super-12 Bybel-vasvrakompetisie.

Laerskool Kenmare het op Saterdag, 3 Augustus aan die Super 12 Bybel-vasvrakompetisie deelgeneem by Laerskool Pietersburg-Oos.

Skoolhoof Wouter Immelman het gesê hulle moes teen 18 ander skole meeding.

Hy vertel verder dat hulle vyf Kennies en een reserwe gestuur het naamlik Jenna-lee Claassen, Hatley Jooste, Danica Fabian, Jandré de Villiers, Edian Opperman en Ruben Moller.

“Die vasvrae was opgestel deur ds Schalk Kok, waar leerders uit drie Bybelboeke moes voorberei om die vrae te beantwoord,” sê Wouter.

Hy vertel verder dat die kompetisie as voorbereiding dien vir toekomende ligas.

“Ons is dankbaar vir ons hoofborg AfriForum, en is baie trots dat ons in die top 15 was, veral dat ons die enigste skool in die Wes-Rand was, wat daar deelgeneem het,” het Wouter afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button