Schools
Monnaskoor sing ‘n wen los
Monnaskoor laat hul stemme hoor by die Cantamus-koorfees en ook by die Kango-grotte.
Hoërskool Monument se koor het van 7 tot 11 Augustus deur Kaapstad en George getoer waar hulle aan die Cantamus National Choir Festival for Schools 2024 deelgeneem het.
Monnas se koororganiseerder Cecilia Marais vertel dat 17 kore van regoor die land aan dié kompetisie deelgeneem het, en dat hulle ook aan ‘n feeskonsert deelgeneem het.
“Tydens die kompetisie het Monnaskoor ‘n eerste plek in hul kategorie, High School Mixed Voices, verower. Hulle is ook as die algehele wenner van die kompetisie gekroon,” sê Cecilia.
Sy noem dat die koor tydens die toer ‘n uitstappie na die Kango-grotte onderneem het waar hulle drie liedjies gesing het, waar hulle die luide applous van besoekers aan die grotte gehoor het.