KYK: Musiekblyspel ‘n skouspel vir Nories
Nories se kultuurgedrewe talent skyn met hul sewende musiekblyspel.
Hoërskool Noordheuwel het op Donderdag, 8 Augustus hul sewende musiekblyspel in hul skoolsaal aangebied.
Die blyspel, Centre Stage: The musical, was ‘n belewenis waar vriende en families bymekaargekom het en dit terdeë geniet het.

Nories se kultuurhoof Mariki de Villiers-Knop sê die konsep agter die musiekblyspel was om iets te skep wat by die talent van die skool pas.
“Ons het heeltemal anders as voorheen gewerk deur eers die sang oudisies te doen en dan te besluit watter liedjies ons dink geskik sal wees vir ons spelers se stemme. Dit het daartoe gelei dat elke solis se besonderse talent en sterkpunte ontgin is en gedemonstreer is,” het Mariki bygevoeg.

Die blyspel het gehandel oor twee gewilde leerders wat veg vir die hoofrol in die skool se musiekblyspel, asook twee ‘nerds’ wat stil-stil op mekaar verlief raak.

Die Krugersdorp-nuus het die blyspel bygewoon, waar daar ‘n oormaat talent was.

Daar was liedjies van Mamma Mia, Dear Evan Hansen, Aladdin en Little Shop of Horrors wat ‘n verskyning in die blyspel gemaak het. Die gehoor het elke oomblik geniet en na elke optrede toegejuig.
Leerders in die gehoor het selfs met van die tipiese tienerstories op die verhoog verband gehou.
