Schools
Proties se kultuurleerders pluk die vrugte by RACA
Laerskool Protearif met talle pryse tydens die Eisteddfod se gala-prysuitdeling.
Laerskool Protearif het onlangs aan die RACA Eisteddfod-kompetisie deelgeneem waar vier van hul graad ses-leerders onlangs na die gala-prysuitdeling genooi is.
Joey Burger, Proties se kultuurorganiseerder, het gesê die kompetisie het die lees van stukke behels, insluitend gedigte, prosa en stories. Die prysuitdeling het by Hoërskool Randfontein plaasgevind.
Die pryse is soos volg:
• Ilze Jordaan – Diamantklub
• Mikayla Montgomery – Diamantklub algehele wenner
• Hesmari de Klerk – Rising star vertoning
• Mika-Juls Harber– Diamant-kiss-toekenning
“Die leerders het uitstekend gevaar en ons is besonder trots op hulle,” het Joey afgesluit.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
