Hoërskool Noordheuwel het onlangs hul stempel afgedruk tydens die jaarlikse landswye redenaarskompetisie, Oppi Tong Af, met indrukwekkende prestasies deur beide hul graad nege- en graad 10-spanne.
Graad nege afrigter, Elmarie Jordaan het vertel dat dit ‘n aanlyn kompetisie was.

“Daar is sowat 380 skole wat deelgeneem het, waar die top vier in elke graad gekies is om aan die eindronde deel te neem. Die graad nege-span het ‘n tweede plek in die land behaal, terwyl die graad 10-span die derde plek behaal het,” het sy verduidelik.
“Hierdie uitsonderlike prestasie beklemtoon die skool se verbintenis tot akademiese uitnemendheid en spog met die talent en harde werk van die leerders,” het sy afgesluit.
