Schools

Mag van die pen vir Noordskool gr 3’s

Noordskool se graad drie-leerders ontvang hul penlisensies.

Daar is ‘n spreekwoord wat lui die pen is magtiger as die swaard en die trots het onlangs by Laerskool Krugersdorp-Noord oorgeloop nadat graad drie-leerders hul penlisensie ontvang het.

Sassa Radebe ontvang haar penlisensie.

Noordskool se woordvoerder, Quintin Botha, het verduidelik dat leerders vanaf graad een met ‘n potlood skryf en teen die einde van graad drie is dit dan tyd dat leerders hul penlisensie ontvang.

Meanique Smith ontvang haar penlisensie.

“’n Penlisensie is basies die oorgang van potlood na pen maar is ‘n groot stap vir leerders. Plaaslike eiendomsagente en prokureurs het toe die kinders met hul eie penlisensie en pen kom bederf. Die leerders se grootste wens vir die jaar het waar geword,” het Quintin vertel.

Abigail Nevill ontvang haar penlisensie.

Quintin het afgesluit deur te sê die kinders het lekker gekuier en kon nie wag om met hul nuwe penne te spog nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button