Schools

Onnie ontvang spog toekenning

Krugersdorp het twee onderwysers gehad wat na die Solidariteit Onnieveerderveldtog toe genooi was, waar KHS onderwyser 'n onnieveerder titel gewen het.

‘n Onnieveerder is ‘n onderwyser wat aan die voorpunt van onderwysinnovasie staan. Twee plaaslike onderwysers het juis aan die einde van 2024 hierdie spog Solidariteit-toekennings ontvang.

Solidariteit se operasionele koördineerder, Alida van Rooyen, het verduidelik tydens die Onnieveerderveldtog was innoverende onderwysers en hoofde wat innoverende onderwysers kweek, geïdentifiseer en vereer.

Sy het bygevoeg dat hierdie veldtog twee fokusareas, insluitend onderwysers en onnieveerders, asook vier kategorieë, naamlik, digitale bestuur van leer en gebruik van leerdata, diverse gebruik van onderrigmetodes, deel van beste praktyke en meting van impak en doelwitstelling.

“Innovasie en uitnemendheid in die onderwys was verlede jaar tydens die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se jaarlikse Onnieveerder-toekenningsgeleentheid gevier. Hierdie spoggeleentheid het hulde gebring aan onderwysers en skoolhoofde wie se toewyding en innoverende benadering beide in die klaskamer en as onderwysleiers ‘n blywende impak op leerders en hul gemeenskappe het,” het sy verduidelik.

Twee plaaslike onderwysers was deel van hierdie gebeurtenis by die AfriForum Teater in Pretoria, naamlik Laerskool Muldersdrif se Neline Lindes wat ‘n finalis was, en Vanessa Weyers Lötter van Krugersdorp High School het die Onnieveerder-titel vir die deel van beste praktyke gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button