Schools

Monnas-matrieks van 2024 wil nou seile span

Hoërskool Monument se matrikulante van 2024 is nou deel van die grootmenswêreld en is opgewonde vir wat voorlê of dit nou op 'n vliegtuig is as lugwaardin of hokkieafrigter op die sportveld.

Monumentare kan nou ontspan en hul seile span.

Dit was die algemene gevoel onder die matriekklas van 2024 by Hoërskool Monument op 14 Januarie toe die uitslae amptelik bekend gemaak is.

Monnas se twee Hannahs! Hannah Quinton en Hannah Smyth het groot drome.

Van hulle het ook hul toekomsplanne met die Krugersdorp News gedeel en interessant genoeg is Chanté Francisco duidelik nie bang vir hoogtes nie, want sy wil ‘n lugwaardin word. Keenan Pienaar wil modeontwerp by Stadio studeer, Charl Smit BCom (regte) aan die Universiteit van Johannesburg (UJ), Tenieke Moolman sielkunde aan die Noordwes-Universiteit in Potch, Waldo de Jager veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria en Nadia Jade de Sousa biochemie, ook by NWU in Potch.

Joshua Pienaar wys hy is slaggereed vir die grootmenswêreld.

Joshua Pienaar wil meganiese ingenieurswese aan die Universiteit van Pretoria studeer, terwyl Hannah Quinton kans sien vir omgewingstudies by Wits. Hannah Smyth is nog ‘n persoon wat in die rigting van sielkunde wil beweeg, ook by Wits.

Tristan Coulson.

Shawna Botha is vasbeslote om ‘n afrigter in hokkie te wees, maar wil ook oral toer.

Vanessa Moolman kon nie wag om haar dogter, Tenieke, geluk te wens nie.

Hou die News se uitgawe van 24 Januarie dop vir ‘n meer in-diepte artikel.

Chanté Francisco en Keenan Pienaar deel hul vreugde.

Ouers sowel as matrikulante is welkom om meer foto’s van die Monnas-matriekklas van 2024 na [email protected] of [email protected] te stuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Back to top button